top of page
Untitled design (26).png
TOP

ONS GESKIEDENIS

Untitled design (26).png

Die eerste voltydse onderwyser op Ceres is in 1860 aangestel.  Hy was mnr.  James Marren wat by die “First Class Public Aided School” aangestel is.  In 1862 was die klaskamer ‘n vertrek aan die onderwyser se huis, maar in 1865 is die skool na die hofsaal geskuif.  In 1869 was daar reeds 54 leerlinge in die skool.

​

In 1895 is daar ‘n pragtige, doelmatige skoolgebou op die terrein van die huidige Laerskool Gericke opgerig, omtrent daar waar die skoolsaal vandag is.  In 1918 het Hoërskool Ceres tot stand gekom toe die groeiende getalle ‘n hoërskool geregverdig het.  In 1921 is die geboue van Hoërskool Charlie Hofmeyr betrek.  Hoewel die twee afdelings van toe af op aparte terreine gehuisves is, is dit tot 1940 as een skool bestuur – Hoërskool Ceres.

​

In Januarie 1941 het die nuwe, selfstandige Laerskool Gericke tot stand gekom.  Die hoof was mnr.  J.A. Conradie.  Die skool het teen die tyd van die amptelike stigting 341 leerlinge en 13 personeellede gehad.

​

Die daarstelling van die sportgeriewe was eerder ‘n proses as ‘n gebeurtenis.  Die huidige sportterrein is in twee dele deur die Onderwysdepartement aangekoop – die noordelike helfte in 1957 en die ander gedeelte in 1960.  In 1989 is daaraan ‘n baie groot behoefte voorsien toe die skool, sonder enige hulp van die onderwysowerheid, ‘n gebou met twee kleedkamers, ‘n ruim kiosk en klein paviljoen, opgerig is.  Die skool is baie trots op sy ouergemeenskap, sowel as die sakegemeenskap, wat so mooi bygedra het tot die boufonds.

​

In 1952 is daar op ‘n skoolwapen en leuse besluit.  Die skoollied is sedert 1957 gebruik.

THE SCHOOL EMBLEM

The inspiration for the school emblem and motto is drawn from the magnificent nature of Ceres. On the coat of arms, there is a mountain rose against a backdrop of snow-covered peaks. The mountain rose is only found in the surrounding mountains at an altitude of approximately 600 meters above sea level. The motto refers to the plant that, with its roots anchored in rocks, withstand the elements of nature. 

DIE SKOOLLIED

Omring met gryse berge, in winterkleed gevou,

met blomme bloeisels geurig, in lenteprag ontvou.

Bou rotsvas ons geslagte, te handhaaf en te hou.

Soos berge deur die eeue, onwrikbaar in ons trou.

Ons loof jou met ons liefde, ons woord, ons daad, ons trou.

Sal rotsvas, na ons leuse, jou naam in ere hou.

Woorde A.H.P. Louw (latere skoolhoof)

bottom of page