SPORT
Laerskool Gericke is ‘n gebalanseerde skool wat ook op sportgebied uitblink. Ons bied ‘n groot verskeidenheid sportsoorte aan en glo dat ‘n laerskoolkind aan soveel as moontlik sportsoorte blootgestel moet word om sodoende op alle terreine te kan ontwikkel om later in sy/haar skoolloopbaan ‘n ingeligte besluit te kan neem rakende sportdeelname. Ons program word gevolglik so opgestel om leerders toe te laat om in die somer aan Atletiek, Krieket en Tennis te kan deelneem en tydens die wintermaande aan beide Rugby, Netbal en Hokkie. Laerskool Gericke hou jaarliks ‘n afsluitingsfunksie/
gala waar erkenning gegee word aan elke leerder en afrigter wat betrokke was by Gericke-sport.
CRICKET
At Gericke Primary School, cricket is celebrated as a "gentlemen's" sport. Learners have the opportunity to develop their cricket skills from a young age (starting at 7 years old) on the mini-cricket field. Gericke features eight cricket teams, including C teams in various age groups. Private coaching is also available on our sports grounds. For more information, please contact reception.
TENNIS
Gericke se tennis spog jaarliks met spelers wat in streeks-en/of provinsiale spanne opgeneem word. Aan die einde van die jaar vind daar die ouer/kind-toernooi plaas wat deur oud en jonk baie goed ondersteun word.
SWIMMING
Annually, Gericke Primary School hosts two galas: one for Gericke swimmers to compete for their respective colour teams in a mass participation event, and our Invitational Gala, which attracts participation from several other schools. The Gericke swimming team also competes in numerous galas in other towns and achieves outstanding results.
ATLETIEK
Ons begin reeds in die vierde kwartaal aan ons atlete slyp vir ons amptelike seisoen wat in die eerste kwartaal van die jaar plaasvind. Die atletiekseisoen skop af met massadeelname tydens die Kleure-atletiek en deur die jaar neem die leerders aan verskeie atletiekbyeenkomste deel.
HOCKEY
Hockey has seen tremendous growth at Gericke over the past two years, and we're proud to annouce that we currently have 15 teams ranging from u7 to u13. We have access to the high school's Astro turf, which introduces players to a variety of new skills.
RUGBY
Wedstryde teen die skole in Ceres en-omgewing en deelname aan ‘n verskeidenheid top skole se sportdae sorg dat Gericke se rugby altyd op ‘n hoë standaard is. Ons spanne lewer ook uitstekende resultate jaar in en jaar uit. Met passievolle afrigters, in samewerking met ons ouers, leer ons seuns hoe om hulself tydens suksesse en mislukkings in ‘n gesonde omgewing te handhaaf. So bou ons aan ons seuns se karakter en ontdek ons die waarde van spanwerk.
NETBAL
Ons het tans 21 spanne tussen die ouderdom van 7 en 13 jaar wat hoofsaaklik hulle ligawedstryde op Donderdae in Ceres speel. Ons missie is om van al ons speelsters speelkans te gee en daarom is ons altyd op die uitkyk vir sportdae en ander geleenthede waar ons C-en D-spanne ook geleenthede kan kry om te speel. Ons A-en B-spanne neem aan die Ceres Sone se ligawedstryde deel. Deelname aan die Boland Topskole-kompetisie bied verdere geleenthede aan ons speelsters om hulle teen die bestes te meet en so hulle vaardighede en vordering te meet. Ons stel ons ook ten doel om op hoogte te bly van al die nuutste afrigtingsmetodes. Geleenthede waar ons afrigters en speelsters nuwe vaardighede kan aanleer, word jaarliks gereël. Ons is ook bevoorreg om drie SA-skeidsregters by die skool te hê, wat verseker dat ons speelsters die reëls verstaan en regverdige spel geskied.
SPORTTOERE
Laerskool Gericke streef daarna om jaarliks sportspanne op toere te stuur.